Dieretuin-man deur leeu doodgebyt

Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Personeellid van die Johannesburg-dieretuin is deur ʼn leeuwyfie op die dieretuin se leeuplaas, Rietkuil, in die Vredefort-distrik in die Vrystaat doodgebyt.

Volksblad berig dat Joe Ramonetha (63) amper 40 jaar lank vir die dieretuin gewerk het. ʼn Woordvoerder van die dieretuin, Louise Gordon, sê dit is nog nie seker of Ramonetha besig was om die leeus te voer of hokke skoon te maak toe hy gebyt is nie. Hy het nog geleef nadat hy gebyt is en na die hospitaal op Parys gevat. Hy het later aan sy beserings beswyk. Gordon sê die dieretuin en sy personeellede betreur hul kollega se dood.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.