Diewe net betyds aangekeer

Die tonnel wat die diewe gegrawe het. Foto: AFP

Nadat diewe ongeveer ʼn maand lank aan ʼn een kilometer-tonnel tot by ʼn juwelierswarewinkel in Italië gegrawe het, is vier van die “diewe” gevang toe twee van hulle uit ʼn inspeksiegat geklim het, berig SAPA.

Die mans is glo vroeër in die dorpie Acireale in Sicilië ook met tweerigting-radio’s opgemerk, het die polisie gesê. Die polisie het Dinsdag bergreddingsklimmers ontbied en hulle het die smal tonnel met sy eie beligtingsisteem sowel as hamers en grawe opgespoor. Die polisie het in ʼn verklaring gesê dat die “diewe” slegs ʼn paar meter van hul eindpunt af was. Die polisie in Italië het vroeër die maand ʼn soortgelyke poging by ʼn bekende juwelierswarewinkel in Napels gestuit waar diewe ʼn 30-meter lange tonnel gegrawe het. Dieselfde winkel is in Januarie deur diewe beroof wat die rioolstelsel gebruik het om toegang tot die winkel te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.