Diewe op heterdaad betrap

Die polisie het diewe Sondag op heterdaad betrap toe hulle yster en staal by ‘n maatskappy in Isando aan die Oos-Rand beroof het.

Insp Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê drie mans is in hegtenis geneem, maar ‘n vierde, wat glo ‘n voormalige werknemer van die maatskappy is, is steeds op vrye voet. Mokheseng sê die georganiseerde misdaadeenheid in Germiston het die metropolisie vir ondersteuning ingeroep nadat hulle ‘n wenk ontvang het.

“Hulle was besig om 16 ton staalplate en hoekysters ter waarde van sowat R117 000 met ‘n vurkhyser te steel,” het Mokheseng gesê. Die diewe, wat in twee Hino-vragmotors opgedaag het, sal binnekort in die landdroshof in Kemptonpark verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.