Diewe steel 66 renosterhorings

Foto: Moira-Marie Kloppers

Diewe het 66 renosterhorings gesteel by ʼn boer van Roedtan in Limpopo nadat hy sy renosters onthoring het in ʼn poging om hulle teen stropers te beskerm.

Beeld berig dat die diewe die horings, twee jaggewere en vier skootrekenaars gesteel het. “Die ouens het geweet wat hulle doen. Dit was perfek beplan,” het Johan van Zyl, eienaar van die Leshoka Thabang-wildplaas, aan Beeld gesê. Van Zyl het die renosters sowat drie weke terug onthoring nadat hy toestemming van die departement van omgewingsake in Limpopo gekry het. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê natuurbewaarders van die departement moet volgens wet mikroskyfies in die horings plaas voor dit veilig weggesluit word. Van Zyl sê daar is sedert die begin van die jaar vier renosters op sy plaas doodgeskiet.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Nou dit vertsaan ek geheel en al glad nie,,,,,,,,,,,hoe vertel n mens so n storie oor,,,,,,,,,iemand het vir iemand iets gese,,en toe het iemand vir iemand anders,gereel,,dat iemand,ongesiens,,iemand se renosterhorings,,,sommer so neem sonder dat enige iemand daarvan weet,,,,,,,,,,,,!As jy nou weet wie die eerste iemand is,dan het jy sommer nou net al die iemande saam vasgetrek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.