Diewe steel lykswa

Argieffoto

Motordiewe het ontangs ‘n lykswa van ‘n begrafnisonderneming in Pretoria gesteel.

Volgens Kobus Minnaar, eienaar van Martin’s-begrafnisonderneming in Centurion, het die donker metaalgrys Ssang Yong Stavic slegs sowat 60 000km gery, het Beeld Maandag berig.

Minnaar se buurtwag het hom verlede Sondag net ná middernag gebel om te sê die motorhuisdeure van sy onderneming staan oop. Die diewe het glo by die ontvangsarea ingebreek om die voertuig se sleutels te kry. Volgens Minnaar het hulle toe in trurat deur die staaldeure gery, só erg dat die hekke van die skarniere afgeruk is. “Wat wil hulle met ’n lykswa maak? Dit het nie eens sitplekke agterin nie. Ons het stukke van die voertuig etlike kilometers ver op die snelweg opgetel. Dit voertuig moet ‘n wrak wees,” het hy gesê.

Hy het intussen ‘n nuwe voertuig aangeskaf wat by ‘n ander perseel parkeer word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.