Diewe steel salonbakkie met sewe honde

Erika Le Grange by van die honde. Foto: Brendan Croft/Beeld

Diewe het Maandag ʼn bakkie van ʼn hondesalon gesteel, met sewe honde daarin wat onderweg was na hul eienaars.

Beeld berig die bakkie is omstreeks 14:00 in Centurion gesteel en is twee ure later in Mamelodi, in die ooste van Pretoria, opgespoor, nadat ʼn vrou oor ʼn radiostasie daarvan gehoor en die voertuig opgemerk het. Erika le Grange, eienaar van Beauty and the Tramp-hondesalon, se man, André, het die sewe honde Maandagmiddag in hul bakkie gelaai nadat hulle geskeer is. Twee mans het skielik in die voertuig gespring en daarmee weggery. Le Grange het dadelik paniekbevange die polisie gebel en ook Talk Radio 702 om die woord te versprei.

Le Grange het die sewe honde se eienaars in trane gebel en verduidelik wat gebeur het. Die eienaars het ook die nuus met skok ontvang. ʼn Vrou van Mamelodi het van die voorval oor die radio gehoor en die verlate voertuig gesien en die polisie ontbied wat spoedig op die toneel was. Die diere is almal ongedeerd en terug by hul verligte base.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.