Diewe steel skoolbus

Argieffoto

ʼn Oor-en-weer-skietery het Donderdag tussen diewe en polisie uitgebreek nadat ʼn skoolbus vroeër die dag van ʼn skool in Bayswater, Bloemfontein, gesteel is.

Die SABC berig die skoolbus het ʼn opsporingstoestel gehad wat die polisie na Rocklands, sowat 16km van Bayswater, gelei het. Die polisie het die bus in die aand opgespoor. Die bestuurder het met die voertuig se ligte af gery. Die polisie het die bus gestop waarna drie insittendes op die polisie losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet.

Die verdagtes het daarin geslaag om weg te kom en word nog deur die polisie gesoek. Niemand is in die voorval beseer nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.