Diewe teiken glo duur parfuum

Argieffoto

Vier inbrekers het glo duur parfuum ter waarde van duisende rand tydens ʼn rooftog by Mimosa Mall in Bloemfontein gesteel.

“Vier verdagtes het Maandagoggend die hoofingang na die winkelsentrum oopgebreek en na die Truworths-klerewinkel beweeg,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het by dié winkel ingebreek en ʼn verskeidenheid van duur parfuum gesteel voordat hulle in ʼn wynrooikleurige Honda Ballade-voertuig, sonder nommerplate, gevlug het.

Marope sê sekuriteitswagte het later die inbraak ontdek en die polisie ontbied.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om ons te help met enige inligting oor mense wat moontlik duur parfuum op straat of uit hul huis verkoop,” het Marope gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro ·

Ek weet nie so mooi nie, maar iets ruik vir my nie lekker nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.