Diplomaat-drywer skiet ‘rower’ in Sandton dood

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Vermeende rower is Saterdag in Magaliessig in Sandton, Johannesburg, doodgeskiet.

Volgens lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het die diplomaat, wie se naam weerhou word, se drywer en ʼn groep mans, wat die diplomaat se voertuig glo vanaf die OR Tambo-lughawe agtervolg het, op mekaar begin skiet.

“Die bestuurder is in die skietery gewond en een van die mans wat hulle agtervolg het is doodgeskiet,” het Mogale gesê.

Mogale het gesê dit is nog nie bekend of die groep mans deel is van ʼn sindikaat wat mense van die lughawe agtervolg en dan kaap of beroof nie.

“Die skakel met die sindikaat is nog nie gemaak nie, maar die diplomaat is beslis van die lughawe af agtervolg,” het sy bygevoeg.

Een van die groep mans is in hegtenis geneem, en twee het daarin geslaag om te vlug.

Die man wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Buiten dat al dikwels na Suid-Afrika, onder die ANC-regering, verwys is as ‘n piesang-republiek, het hy nou nog ‘n rampokker etiket ook bygekry. Waar gaan dit alles eindig want dit wil voorkom asof die regering nie te bekommerd is oor al die vorme van misdaad wat voorkom nie.

wragtig ·

Dis dieselfde storie by die banke ook. Iemand bel die gemors en se wie trek baie geld. Dis altyd by die lughawe ook dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.