Diplomatieke sending vir SA-kameraman na Egipte gestuur

Adil Bradlow. Foto: McClatchy Blog

Adil Bradlow. Foto: McClatchy Blog

Die regering het gesê hy probeer meer besonderhede bekom rondom die aanhouding van die Suid-Afrikaanse kameraman Adil Bradlow in Egipte, berig EWN.

Bradlow het vroeër die week gebeure in Kaïro vir Al Jazeera gedek toe hy en drie van sy kollegas in hegtenis geneem is vir redes wat nog nie bekend gemaak is nie.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het aan EWN gesê hulle het ‘n diplomatieke sending na Egipte gestuur om met Adil Bradlow te vergader. “Die ambassadeur in Houghton het met die owerhede in Egipte in verbinding getree,” het Monyela gesê. “Die departement sal konsulêre bystand aan hom en sy familie verleen.”

Bradlow se vriend, Shafik Kassim, sê dit is moontlik dat Adil eksklusiewe materiaal wou bekom. Adil se naasbestaandes sê glo hy weet hoe om homself in sulke situasies te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.