Direkteur by ouditeursfirma doodgeskiet

crime-scene-tape-320x191ʼn Direkteur van ʼn ouditeursfirma in Johannesburg is Vrydag by sy kantoor in Houghton doodgeskiet.

Die firma, SizweNtsalubaGobodo, het die skietery bevestig en die direkteur as Lawrence Moepi identifiseer.

Inligting rondom die voorval is nog skaars.

Konst. Ndivhuwo Mulamu, ʼn polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn man in die omgewing doodgeskiet is, maar kon nie in dié stadium meer inligting verskaf nie.

Die firma wou ook nie meer oor die voorval uitbrei nie, maar het gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om die polisie by te staan met hul ondersoek.

Die firma het sy medelye teenoor Moepi se familie en vriende uitgespreek.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christa ·

Wanneer gaan die Geweld nou ophou,God sal moet intree, dis die enigste een wat sal iets doen in ons Land
Bid sonder Ophou.

Chris ·

Hierdie mense glo seker nie aan God nie. Hoop hulle geniet eendag die Hel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.