Dirk Coetzee, die destydse bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie se Vlakplaas-eenheid, is oorlede.
EWN het Donderdag berig Coetzee het glo weens nierversaking gesterf ná ʼn lang stryd teen diabetes. Hy is Woensdag in ‘n hospitaal in Pretoria dood.
Coetzee was die medestigter van die geheimsinnige polisie-eenheid in Vlakplaas. Coetzee het in 1989 tydens ʼn onderhoud met die Vrye Weekblad die sluier oor dié eenheid gelig.
Hy het op 4 Augustus 1997 amnestie van die Waarheids- en Versoeningskommissie gekry nadat daar bevind is dat die eenheid verantwoordelik was vir ʼn aantal gru-dade teen anti-apartheidsaktiviste, waaronder Sizwe Khondile en Griffiths Mxenge.
Wonder nou net…as hy die eenheid gestig en beheer het, hoekom sit de Kock nog in die tronk ???