Dirk van Schalkwyk “laat die stories loop” op Erfenisdag

Dirk van Schalkwyk

Die storieverteller Dirk van Schalkwyk tree op nasionale Erfenisdag, 24 September, by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op.

Van Schalkwyk, ’n voormalige Hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), beskryf homself as “’n motiveringspreker wat met humoristiese stories en interessante taalverskynsels die lag in mense terugsit”.

Hy is ’n gebore Namibiër en het sy doktorsgraad oor die taal van die Rehobothers gedoen. Hy tree gereeld op by feeste, en het saam met P.G. du Plessis en Nico Nel aan die program …met permissie, en aan die program Die tale wat ons praat op RSG deelgeneem.

Die program vind van 15:00 tot 16:30 by Volksmond Koffiewinkel by die monument plaas. Kaartjies teen R35 per persoon, wat ligte verversings insluit, is vooraf beskikbaar by Amira Clayton by die Taalmuseum in Pastorielaan (tel. 021 872 3441) of by Volksmond Koffiewinkel (tel. 021 863 2800). Plek is beperk. Van Schalkwyk se humoristiese boek Sê jou sê met ’n glimlag, asook ’n CD met sy komiese vertellings sal te koop aangebied word teen R100 stuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kallie Calitz ·

Goeie dag
Mnr. van Jaarsveld het gedurende 2009 ‘n optrede by ons kerk op Uitenhage gehou, wat baie geniet was.
Ek wil hom graag weer uitnooi na ons omgewing toe. Die kontakbesonderhede wat ek van hom het, bestaan nie meer nie. Kan u my dalk help met ‘n e-pos adres van Mnr van Schalkwyk, of ander kontak besonderhede.
Dankie by voorbaat
Kallie Calitz
Voorsitter : ATKV Uitenhage

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.