Dís hoekom petrolprys net effens daal

Die departement van minerale en energie het Vrydag die nuwe brandstofpryse aangekondig.

“Brandstofpryse sal minder daal as die 22c vir petrol en 15c vir diesel wat verwag is. Die departement van energie het besluit om die winsmarges op petrol en diesel, asook die toegelate voorsiening vir die stoor, hantering en aflewering van brandstof, te verhoog,” het Paul Joubert, senior navorser by Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI) gesê. “Die leiheffing (slate levy) bly ook steeds vir Desember op 15,36c per liter en sal eers later weer afgeskaf word, moontlik in Januarie.”

Die kleinhandelwinsmarge op petrol styg met 3,9c per liter en die groothandelwinsmarge styg met 5,5c per liter.
Die kleinhandelsprys van diesel word nie gereguleer nie, maar die groothandelswinsmarge op diesel styg ook met 5,5c per liter.
Die toegelate voorsiening vir die berging, hantering en aflewering van brandstof word met 4,5c per liter verhoog.

“Dit bring mee dat die prys van petrol op 5 Desember met slegs 9c sal daal in plaas van die verwagte 22c.
Die groothandelprys van diesel sal slegs met 5c en 6c onderskeidelik vir 0,05% en 0,005% swawelinhoud-diesel daal, in plaas van die verwagte 15c,” het Joubert bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.