Dis ʼn leeu… wat blaf?

‘n Argieffoto van ‘n Tibettaanse mastiff.

ʼn Dieretuin in China het mense probeer bluf deur ʼn hond voor te doen as ʼn Afrika-leeu. Die dieretuin is egter uitgevang toe dié “leeu” begin blaf het, berig The Telegraph.

The Telegraph berig die dieretuin het honde as leeus en wolwe voorgedoen, asook rotte in slanghokke gesit in ʼn poging om geld te spaar.

“Tydens die skoolvakansie het talle familielede van die ooste van China in die stad Luohe besluit om die afgelope week besoek af te lê aan die dieretuin,” het die Telegraph Woensdag berig. “Maar diegene wat gehoop het om die dieretuin se vreesaanjaende diere te aanskou, is teleurgesteld gelaat nadat dié diere met baie makker diere vervang is.”

ʼn Ma het op pad na die People’s Park haar kind geleer watter geluide al die diere maak, maar toe hulle daar kom, het die seun aan sy ma gesê die leeu blaf soos ʼn hond. Dit was toe inderdaad so. Die dieretuin het ʼn Tibettaanse mastiff as ʼn Afrika-leeu voordoen. Daar was ook ʼn hond in die wolfhokke, terwyl sommige jakkalse as luiperde moes “poseer”.

Twee groot rotte is ook in ʼn glaskas gevind wat vir slange bedoel was, maar dié reptiele was nêrens te sien nie.

Daar is nog geen amptelike verduideliking vir dié voorvalle nie, maar een van die personeellede by die dieretuin het glo gesê die leeu is weggestuur om te gaan teel. Die hond behoort glo aan ʼn werknemer by die dieretuin en is net “tydelik” gebruik tot die leeu terugkeer.

Yu Hua, ʼn woordvoerder van die People’s Park, het gesê die dieretuin is vir die afgelope paar jaar deur ʼn private sakeman bestuur wat dit jaarliks huur vir R 170 264.

Baie dieretuine het oor die afgelope paar jaar finansieel begin swaarkry sedert die regering besluit het dat alle dierevertonings gestop moet word en die parke as nie-winsgewende organisasies bestuur word.

Bron: The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stoere Boer ·

Vinnig geleer by Afrika om skelm te wees. Maar nouja nou dat hulle uitgevang is is daardie hond se dae getel. Vanaand is hy aandete

Melissa ·

Dis belaglik! Daai dieretuin moet sommer toegemaak word! Het foto gesien van die leeu “enclosure” dis ‘n hok met concrete vloer! Arme diere!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.