‘Dis omdat ons gay is’

ʼn Getroude gay paartjie het die Pretoria hooggeregshof genader omdat hulle glo sukkel om ʼn seuntjie aan te neem weens hulle seksualiteit.

Pretoria News berig dat die egpaar in hofstukke aanvoer dat hulle baie lief is vir die klein seuntjie en dat hy hulle “daddy” en “pappa” noem. Die 4-jarige seuntjie bly sedert 2010 by die paartjie nadat hy hulle “gekies het” toe hulle hom in Augustus 2010 by ʼn weeshuis gesien het. Die paartjie is reeds vier jaar getroud. Die seuntjie se biologiese ouers is glo alkoholiste wat op straat bly. Die paartjie sien intussen ook om na die seuntjie se sussie nadat hulle deur die owerheid gevra is om dit te doen. Die paartjie het aansoek gedoen om die seuntjie aan te neem maar die voortsittendebeampte by die Meyerton kinderhof wou dit glo nie toestaan nie. Die beampte het glo aangevoer hy twyfel of dit in die beste belange van die kind is om saam met ʼn gay paartjie te bly. Daar is ook gevra dat ʼn kenner moet getuig oor die gevolge wat dit vir die seuntjie sal hê en of hy “ook gay sal raak” indien hy by die egpaar bly. Regter Bill Prinsloo het intussen die kinderhof beveel om die aanneming te oorweeg in die lig van ʼn verslag wat opgestel is, wat aanvoer dat geen bewyse is dat die paartjie nie goeie ouers sal wees nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.