Dischem moet opdok ná klant seerkry

hofbevelDie hooggeregshof in Pretoria het beslis dat Dischem en ʼn voormalige werknemer aanspreeklikheid moet aanvaar nadat ʼn klant in een van hul winkels beseer is, het The Star Woensdag berig.

Die klant, Martha Maria Laurens (74), het skadevergoeding van Dischem geëis nadat die werker, Charl Pretorius, veroorsaak het dat sy op 19 Augustus 2009 in die Hatfield-tak in Pretoria geval het. Die val het veroorsaak dat sy haar heup gebreek het.

Regter Hennie de Vos het tydens die beslissing gesê enigiemand wat in ʼn publieke winkel werk, moet só te werk gaan dat hulle niemand anders in gevaar stel nie.

De Vos het Laurens as ʼn eerlike persoon beskou en Pretorius se weergawe van die voorval verwerp en gesê hy was ʼn oneerlike getuie.

Laurens het aanvanklik R850 000 skadevergoeding geëis, maar die hof sal in ʼn later stadium die bedrag vir skadevergoeding bepaal.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ansie ·

Hoog tyd dat winkels en werkers vasgevat word, hopelik leer ander instansies n les

Danie ·

Dit is ‘n twee snydende swaard. Dit is in die eerste plek jou eie veratnwoordelikheid om te sorg dat jy veilig is. Aan die ander kant is dit ook die winkel se veratnwoordelikheid om alles so veilig moontlik te hou. Dalk was die tannie besig om verskillende produkte te vergelyk. Die werknemer het dalk sonder om haar te laat weet ‘n mandjie of trollie agter haar neer gesit. Die moontlikhede is legio.

Willem ·

‘n 74 – jarige dame is ongelukkig seker nie meer so rats nie en waarskynlik nie meer instaat om “hoog” te trap nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.