Distrik Ses-besetters wil bly

ʼn Groep Khoi-aktiviste wat Saterdag glo onwettig ʼn woonstelkompleks in Distrik Ses in Kaapstad beset het, gaan na verwagting die uitsettingsbevel teen hulle in die hof beveg.

Die Cape Times het Woensdag berig die groep moes reeds die eenhede ontruim het, maar gaan aanbly om die inhoud van die oorspronklike uitsettingsbevel te betwis.

Maroela Media het Dinsdag berig die Wes-Kaapse hooggeregshof het ʼn tussentydse hofbevel uitgereik teen dié onwettige besetters.

Die groep voer aan dat die tussentydse bevel wat Maandag toegestaan is, nie bepaal het wanneer hulle die eenhede moes verlaat nie, en dus nie van toepassing is nie.

Die groep voer aan die gebied in Kaapstad is “grond van die Khoi-voorvaders”.

Die woonstelkompleks, wat in 2011 voltooi is, bevat ondermeer 115 eenhede wat geoormerk is vir begunstigdes van die Distrik Ses hervestiging-inisiatief. Die begunstigdes was veronderstel om Saterdag in te trek, maar die proses is uitgestel.

Die saak sal na verwagting Donderdag in die hof aangehoor word.

– Sapa

Lees ook:
“Grondeienaars” vat glo 15 huise in Distrik Ses

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.