“Dit gaan nie oor syfers,” sê Steve

Steve Hofmeyr

Dis dalk oordrewe syfers, maar dit kon ʼn boer se lewe gered het.

Só sê Steve Hofmeyr in reaksie op die wye kritiek wat sy skrywe “My tribe is dying like flies”, wat onlangs op sy blog gepubliseer is, uitgelok het.

Hofmeyr het vanmiddag ʼn artikel gepubliseer waarin hy reageer op die kritiek wat die webwerf Africa Check en die Sondagkoerant Rapport uitgespreek het op sy eerste artikel. In die tweede artikel sê Hofmeyr onder meer die syfers wat hy in sy eerste artikel aangehaal het, mag dalk foutief wees, en indien dit is, vra hy om verskoning. Maar die realiteit, sê hy, is dat die mees konserwatiewe van die onbetroubare syfers wat beskikbaar is, genoeg behoort te wees om die regering tot aksie te laat oorgaan om ʼn einde te bring aan wat hy “ʼn moord op my klein volkie” noem.

Hofmeyr verwys ook na die onbetroubare aard van die SAPS se beskikbare statistiek, iets waaroor alle bronne – Africa Check en Rapport inkluis – dit eens is.

“Indien relatief misdaad- en moordvrye samelewings nie die vrug van duur vryheid kan wees nie, het hierdie kinders [sien foto’s onderaan] moontlik almal vergeefs gesterf,” het Hofmeyr gesê. “Miskien moes ons dit sien kom het. Die Hector Peterson-foto het ikoon-status bereik, terwyl niemand die naam van die wit seun onthou nie. Dit is nêrens gepubliseer nie. Asof sy belangrikheid in die niet verdwyn het tydens die Kersfees van 1985, toe Nelson Mandela se ANC een van hul talle bomme laat afgaan het, hierdie keer in Amanzimtoti. Johannes (8), Willem (2) en Isabella (5) het nie gestaak nie, het nie betoog nie, hulle het nie klippe gegooi nie, hulle het nie hoogverraad gepleeg of die polisie met gewere en knopkieries aangeval nie, maar hulle het koelbloedig in opdrag van Sibusiso Andrew Zondo gesterf.”

Hofmeyr steun sy standpunt met 16 argumente in die volledige artikel, wat hier gelees kan word.

Sowat 40 minute na die publisering van die artikel het Hofmeyr getweet dat meer as 12 000 mense dit reeds gelees het.

Foto deur Steve Hofmeyr verskaf

Foto deur Steve Hofmeyr verskaf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Annetjie de Jong ·

Eks net n gewone wit vrou wat grasg nuus kyk ! Toe. One aangeval is is die goed Freedom fighters ‘ genoem ! Toe amerika en Europa aangeval word word hul terrorisste genoem ! ! ! 2 stelle reels ! ! !

Leslie ·

Steve baie dankie, kan ‘n mense lewens met getalle verglyk
kyk Paul Weston “I am a Racist”,op you tube, hier word ons vermoor, so ver is hulle nog gelukkig

H J Bester ·

Vanuit watter hoek daar ookal gekyk word na plaasmoorde, bly dit afskuwelik en is die groot getalle plaasboere wat tot dusver vermoor is, onrusbarend.

Daarenteen is die ANC-regering se houding dat plaasmoorde nie uitsonderlik is nie, tog verstommend en kry mens soms so die indruk dat dit eintlik hul goedkeuring wegdra.

As ‘n Steve Hofmeyer homself dus daaroor uitspreek, hetsy verwytend of nie, tas dit die waarheid van die gruwel nie aan nie en maak dit dus ook nie meer saak of dit ‘n duisend of tienduisend is nie. Daar moet net nooit daarmee gestaak word om dit onder die aandag van die wêreld te bring nie – een of ander tyd gaan dit iemand, wie onbevooroordeeld, is se aandag trek.

Kaspaas ·

Die DA houding teenoor plaasmoorde verskil ook nie veel van die ANC s’n nie, os ongelukkig lyk dit my as jy ‘n boer in SA is – swart of wit – is jou dae getel. Dit is ook nie ‘n oplossing om te se maar ons kan goedkoop invoer van die buiteland af nie, want iewers moet iemand to produseer, almal kan nie net invoer nie, en daarom moet ons boere ten alle koste beskerm word. Ongelukkig is boere in die minderheid en beide die ANC/DA doen net iets waar hulle die meerderheid stem kan bekom. Minderhede – Afrikaners / Boere (swart en wit) / Indiers / kleurlinge se dae is almal getel in die land.

H J Bester ·

Kaspaas, jy’s darem heeltemal te pessimisties en sal jy met jou houding nie ‘n noemenswaardige bydra kan maak tot enige oplossing van die probleme in Suid-Afrika nie.

Dis juis nou die tyd om saam te staan en/of minstens jou stem met die volgende verkiesing (2014) uit te bring teen die ANC – ongeag watter party gaan ondersteun.

Op hierdie stadium is die DA ‘n sterk oorweging omdat hulle baie steun oor alle kleurgrense heen geniet en die ANC minstens op vele terreine die stryd aansê. ‘n Party geskoei slegs op blanke Afrikaners, sal geen beduidende ondersteuning of invloed hê om enige verskil te maak nie. Die enigste verskil wat gemaak kan is wanneer enersdenkendes, ongeag kleur of kultuur, kragte kan saamsnoer in opposisie tot die ANC.

andre wilmans ·

Steve, carry on with your good work by bringing attention to the plight of whites. This plight must be taken to overseas media aswell. We support you full heartedly.

Rachel ·

Om op te staan en te se wat op mens se hart is,,is ni net gevaarlik vandag ni,,,ma kan jo ook ini tronk laat beland vi hoogverraad of iets!!!Dat jy di hardop gese het,,is noemenswwardig van jo karakter!!!En ek haal my hoed af vi jo,,,ek weet da is baie mense wt soo baie waardeer wt jy se!!!Di hartseer va di saak is dat da ng baie mense gan sterf voor da verbetering ga km!!!Ma vi mense soos jy,,,,di is nice om te wt,,,julle probeer ook nt help!!!Mooi werk,,,jy is nou n Rebel,,ma di is nt di flippen coolste!!!!

Pieter Fourie ·

Daar is ‘n genocide op witmense in siud afrika punt,en hulle sal aanhou tot ons uitgewis is en of solank as wat dit toegelaat word.

Oranier ·

Dit is reg dat Steve die dinge op sy naam noem, te veel mense sluit hulle oe vir dit wat aangaan. Diegene wat Steve nou bykom oor syfers wil net die probleem wegredeneer. Naspers en kie, is julle blind vir wat aangaan? Is dit normaal dat in n land wat nie in n staat van oorlog verkeer nie elke dag orals mense vermoor word, en spesifiek boere besonder grusaam en sonder motief?
Mau-Mau in Kenya en die georkestreerde moorde in Rhodesie voor Zanu magsoorname was n piekniek in vergelyking met wat nou aangaan. Let op, dit vind alles plaas na swart magsoorname, nie as deel van ‘n “bevrydingstryd” nie.

Frik Lotz ·

Steve,jy is reg.Dit gaan nie oor syfers nie,maar oor wat besig is om te gebeur.Of dit een boer of honderd boere is wat doodgemaak word,is dit die feit dat daar boere doodgemaak word.Daar moenie eers een boer doodgemaak word nie,daar moenie eens een plaasaanval plaasvind nie! Ons Afrikanervolk moet saamstaan en net eenvoudig sê genoeg is genoeg!En ag,net aan HJ Bester sê dat die DA beslis nie die antwoord is nie want hulle vry deesdae net na swart stemme en die Afrikaner en selfbeskikking is nie vir hul baie belangrik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.