Dobbelsteenspeletjie draai dodelik

ʼn 17-jarige seun is deur die Swartruggens-polisie in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn jonger seun met ʼn mes doodgesteek het.

Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, sê die jonger seun en die verdagte se jonger boetie het Vrydagaand ʼn dobbelsteenspeletjie gespeel toe ʼn rusie tussen hulle uitgebreek het. “Die slagoffer het glo die verdagte se boetie met ʼn mes in sy regterskouer gesteek. Die verdagte het glo uit weerwraak die slagoffer aangeval. Die jonger seun is drie keer gesteek, bo sy regteroog, in die linkerkant van sy bors en in sy ribbekas,” het Funani gesê.

Die slagoffer is na die Swartruggens-hospitaal geneem waar hy aan sy wonde beswyk het. Die verdagte is onder toesig van sosiale werkers geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.