Dodetal in Pinetown-ongeluk styg

Foto: Arrive Alive/Twitter

Foto: Arrive Alive/Twitter

Die dodetal in verlede week se grusame padongeluk in Pinetown het gestyg.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het Saterdag aangekondig dat die dodetal tot 23 gestyg het. Dhlomo sê een van die beseerdes is Saterdagoggend in die hospitaal oorlede. Die gru-ongeluk het op 5 September op die hoek van Field’s Hill- en Richmondweg plaasgevind nadat ʼn vragmotor se remme blykbaar onklaar geraak het en dit teen vier taxi’s en ʼn motor gebots het. Daar is aanvanklik berig dat 27 mense in die ongeluk dood is maar daar is later bevestig dat 22 mense in die ongeluk omgekom het. Die begrafnis van vier van die slagoffers vind intussen vandag in Hammarsdale plaas. ʼn Groot skare het reeds hier bymekaargekom insluitende Dhlomo, James Nxumalo, burgemeester van eThekweni, Meshack Radebe, LUR vir landbou en Zweli Mkhize, voormalige premier van KwaZulu-Natal en huidige ANC tesourier-generaal.

Die bestuurder van die vragmotor, Sanele Goodness May (23), staan intussen tereg op 22 aanklagte van moord en een van roekelose en nalatige bestuur. Hy sal weer op 16 September in die hof verskyn en bly intussen in polisie-aanhouding. May se volgende hofverskyning sal vlugtig wees waarna hy op 18 September om borg sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

So klim jy in jou voertuig en weet nie of jy vanaand weer by die huis sal kom nie. Vandag is dit in ons land ‘n risiko om by jou voordeur uit te gaan, nie dat jy werklik in jou huis veilig is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.