Dodetal in Noordwes-botsing styg

Argieffoto.

Argieffoto.

Die dodetal in ʼn ongeluk wat Sondagaand op die N12-snelweg buite Klerksdorp in Noordwes tussen twee voertuie plaasgevind het, staan tans op 14.

Daar is aanvanklik berig dat 12 mense op die toneel gesterf het, maar Ben Bole, ʼn woordvoerder van die departement van openbare veiligheid in die provinsie, het gesê 13 mense is op die toneel dood verklaar. Agt van die slagoffers is kinders. “Die ander persoon het Maandag in die hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Bole gesê. Sewe mense is met verskeie beserings na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het plaasgevind nadat ʼn minibustaxi glo vier voertuie op een slag wou verbysteek en ʼn ander minibustaxi reg van voor getref het. Albei taxibestuurders is in die ongeluk dood. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.