Dodetal op paaie styg tot meer as 800

Foto: ER24

Nagenoeg 800 mense is sedert die begin van die maand op die land se paaie dood, het die Padverkeersbestuurskorporasie Maandag gesê.

ʼn Woordvoerder, Ashref Ismail, sê die padverkeersbestuurskorporasie kyk hoeveel mense gedurende die tydperk 1 Desember tot 11 Januarie op die land se paaie sterf. ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê sestien mense is Kersnaweek op die land se paaie dood. Sy sê ER24 het nagenoeg 200 ongelukstonele bygewoon. Jackson sê twee mense, waaronder ʼn 4-jarige kind, is Saterdagaand dood en 13 ander beseer nadat ʼn taxi teen ʼn versperring gebots het by die Jan Smuts-afrit op die M1 in Johannesburg. In Kempton Park is ʼn vrou dood in ʼn trompop-botsing. In Randburg is twee mans dood en nog twee ernstig beseer in ʼn botsing by die Lion Park-kruising. Twee mense, insluitend ʼn kind, is Saterdagoggend dood en nog drie mense is ernstig beseer na twee motors reg van voor gebots het in die Schoemanskloof-pas naby Nelspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.