Dodetal van Cradock-botsing styg tot 18

Die foto is deur @AngelaGillham op Twitter gelaai.

Die skoolhoof en twee leerlinge van die Laerskool Cradock was onder die 18 mense wat Saterdagoggend oorlede is na ʼn botsing tussen twee busse op die R61 tussen Cradock en Graaff-Reinet in die Oos-Kaap.

Tshepo Machaea, woordvoerder van Arrive Alive, sê die skoolhoof het die bus bestuur toe die ongeluk plaasgevind het. Rapport het die skoolhoof intussen geidentifiseer as Wimpie van der Merwe (51). Veertien mense is ernstig beseer in die ongeluk en is na nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die skoolbus was glo onderweg na ʼn sportbyeenkoms in Graaff-Reinet toe dit in ʼn botsing betrokke was met ‘n bus wat passasiers van Kaapstad na Mthatha vervoer het. Die bestuurder van dié bus is ook in die ongeluk oorlede. Hy het na bewering ‘n ander motor op ‘n blinde hoogte verbygesteek en toe die skoolbus getref. Volgens Rapport het die skool gister in ‘n sms aan ouers gesê die skool sal Maandag gesluit wees omdat talle personeellede beseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H J Bester ·

Die oorsaak is waarskynlik baie eenvoudig – die minibus-taxi was vanaf die Kaap op pad na die Transkei – dus ‘n heelwat langer afstand as tussen Cradock en Graaff-Reinet. Dis is verder hoogs waarskynlik dat die minibus-taxi reeds die vorige aand uit die Kaap moes vertrek om die oggend, waartydens die ongeluk plaasgevind het, op weg was op die plek waar die ongeluk plaasgevind het. Dit is dus logies dat die taxi-bestuurder reeds moeg moes wees van die afstand deur die nag afgelê en heelwaarskynlik ook baie vaak. Die ongeluk is dus nie ‘n verrassing nie.

Ongelukkig is dit ook so dat daar min tot geen ondersoek nog ooit deur die Owerhede gedoen is om te bepaal of taxi-bestuurders, nadat groot afstande afgelê is, steeds fiks en bevoeg is om te bestuur nie. Die groot aantal taxi-ongelukke verg dieper ondersoek na die oorsake van die talle ongelukke waarby hulle betrokke is.

Jenny Trotzky Theunissen ·

Daar is seker geen woorde van troos vir hierdie families nie. Dis skokkend en grusaam! Die regering praat praat en praat net, die beheer oor die taxi’s is pateties! Teen die tyd moet die verkeersmanne moes darem al die gevaarlike roetes ken, oefen beheer uit, vat die outoriteit op wat vir julle gegee is…maak dan verdomp ‘n wet dat geen taxi tussen 21h00 en 7h00 op die hoofpaaie mag bestuur nie, beboet hulle erg en haal daardie taxi van die pad af wat oortree. Dis mean killing machines….

Edna ·

Ek kan myself nie indink hoe die ouers wie se kinders oorlede is en Wimpie se familie moet voel nie.
Weet net dat ons almal van Rocklands omgewing julle in ons gebede opdrae aan die Here. Wimpie is welbekend jy gaan geweldig baie gemis word.
Dit help nie ons wil kla oor die taxi”s nie die regering is nie gepla nie, dis nie n prioriteit nie vir hulle is dit nie belangrik genoeg dat daar lewens verloor word nie, tot iemand naby aan hulle sterf sal hulle nie plan maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.