Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing

Die gelukkige paartjie wat in die huwelik tree. Foto: @ReneDelCarme op Twitter

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag gesê hy gaan ondersoek instel waarom doeanebeamptes nie teenwoordig was toe die Gupta-familie se huweliksgaste by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland het nie.

Nagenoeg 200 gaste het Dinsdag van Indië by die basis geland vir die seremonie wat hierdie week by Sun City in Noordwes plaasvind, berig EWN. Daar was wye kritiek nadat die privaatvliegtuig geland het met versoeke oor wie toestemming aan die Gupta-familie verleen het om van staatshulpbronne gebruik te maak. Kragtens die Doeanewet is Waterkloof-lugmagbasis nie ‘n aangewese internasionale handelslughawe nie. EWN berig Adrian Lackay, woordvoerder vir die SAID, het gesê wetgewing maak voorsiening vir spesiale toestemming wanneer ‘n vliegtuig by so ‘n lughawe moet land. Doeanebeamptes word glo in so ‘n geval ingelig en versoek om daar te wees om goedere en passasiers uit te klaar. Lackay het bevestig dat geen beamptes van die SAID teenwoordig was toe gaste van die Gupta-familie geland het nie.

Die SAID ondersoek die voorval.

Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het intussen bevestig daar was immigrasiebeamptes teenwoordig om paspoorte te hanteer, berig EWN.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.