Dogter glo verkrag toe sy R2-munt weier

‘n Man wat glo ‘n 13-jarige dogter verkrag het, is in Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

“Die tiener was op pad na ‘n winkelsentrum naby Ndabakazi-stasie toe sy die 59-jarige man Donderdagmiddag raakgeloop het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die man het die tiener glo ‘n R2-muntstuk aangebied, en toe sy weier om dit te vat, het hy haar aangeval, in ‘n veld in getrek en haar toe verkrag. Hy het die tiener gedreig en aangesê dat sy vir niemand van die voorval mag vertel nie.”

Manatha sê dit is nie duidelik hoe lede van die gemeenskap van die voorval te hore gekom het nie, maar hulle het die man Dinsdag by sy huis gaan konfronteer. “Hulle het die polisie ontbied, wat die man toe dadelik in hegtenis geneem het,” het hy gesê.

Die man sal Donderdag in die landdroshof in Butterworth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.