Dogter jok glo oor verkragting, pa ná 10 jaar vry

ʼn Man wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir verkragting, is Woensdag ná 10 jaar in aanhouding vrygelaat omdat sy dogter glo oor die verkragting gejok het.

Cedric Shezi (39) is in 2003 op twee aanklagte van verkragting skuldig bevind en is vir ʼn dekade lank in die Durban-Westville-gevangenis aangehou, het The New Age Donderdag berig.

Hy is vrygelaat nadat sy dogter, Pinky Dube, erken het dat sy oor die beweerde verkragting gejok het.

“Pa, ek is so jammer en ek is lief vir jou,” het Dube gesê nadat haar pa vrygelaat is.

Dube blameer haar ma, Shezi se vervreemde vrou, wat haar glo aangesê het om die leuen te vertel. “Sy het my aangehits. Sy het my laat jok dat my pa my verkrag het,” het Dube aan die koerant gesê.

Dube se ma is in 2007 dood.

“Ek is bly dat die waarheid uiteindelik uitgekom het. Ek vergewe ook my dogter, sy was nog maar baie jonk,” het Shezi gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johan storbeck ·

my innige simpatie met die persoon, ek kan net dink deur wat se emosionele en sielkundige lyding hy moes verduur het. Sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.