Dogter kom op bejaarde ouers se liggame af

Pikkie en Rina Stassen, albei in hul 70s, se liggame is Maandagoggend deur hul dogter by hul huis in Glen Marais in Kempton Park, Gauteng, aangetref.

Kapt. Jethro Mtshali, ʼn woordvoerder van die Kempton Park-polisiestasie, het aan Maroela Media bevestig die polisie het omstreeks 07:20 ʼn oproep van die egpaar se dogter, Karin, ontvang. Hy het gesê dit is in die stadium nie duidelik wanneer die aanval plaasgevind het nie, of hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie.

“Die dogter het vanoggend die hek by die egpaar se huis oop aangetref. Toe sy gaan ondersoek instel het, het sy haar pa se liggaam in die motorhuis gevind. Hy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en sy hande was vasgebind,” het Mtshali gesê.

Die dogter het haar ma se liggaam in die slaapkamer aangetref. Haar hande was ook vasgebind en haar mond toegeplak. Volgens Mtshali is dit nog nie bekend hoe sy gesterf het nie. “Haar liggaam was met bloed bevlek, maar dit wil voorkom asof sy verwurg is,” het hy gesê.

Die hele huis is geplunder en die verdagtes het met die egpaar se wit BMW gevlug.

Mtshali het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en moord. Die polisie versoek enigiemand wat inligting oor die voorval het om hulle ta skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

amy ·

Ai, wanneer gaan dit ooit ophou? My hart huil vir daai familie, en elke ander persoon wat al aan die hand van moord en geweld gesterf het.

Trippie ·

VOLKSMOORD, waarom anders toeslaan op ons dierbare bejaardes ?

My hart HUIL vir hierdie dogter wat op haar ouers se verminkte lyke afgekom het.

Soms dink ek dat dit beter is dat my moeder en grootmoeder lankal oorlede is – EK SOU WRAAK SWEER as dit met een van hulle gebeur het.

JAVR ·

Ek stem met jou Trippie! Ek is net so bly dat my ouers nie meer daar is nie sodat ek nie oor hulle hoef te bekommer nie. Ek sal beslis nie nugter dink as dit met een van my familielede gebeur nie. Ek dink nou nie eens nugter wat dit met vreemde mense gebeur nie! Die tyd gaan kom wat ons buurt vir buurt moet saamstaan met twee rigting radios en die gereg in ons eie hande neem. As ek die polisie in ons area sien weet ek daar gaan binnekort ingebreek word. Hulle doen die windowshopping en laat weet die makkers waar en wanneer.

Bernie ·

Ja, hulle moor al ons bejaarde mense en boere uit – mense wat weerloos is, wat hulleself nie meer kan verdedig nie. In elk geval, die ‘swartes’ kan mos nie ‘n witman een/een aanvat nie, hulle moet twee, drie, of ses wees – slegs DAN is hulle ‘sterk’ en vol bravade. Die hel wag vir hulle.

Seg Net ·

Nou wil die mense weet waarom ons rassiste is? Hierdie dade van die swart werf etters op Blankes is nie meer vir ons aanvaarbaar nie. Die Blanke moet opstaan en gewapen wees 24/7/356. Daardie ding of iets wat vir jou seg dit kan nie, of sal nie met my gebeur nie, moet oorgeskakel word met dit kan enige tyd met my of iemand naby my gebeur, dus moet ek ten alle tye voorbereid wees. Ons sal daardie gewoonte moet aankweek en aan almal naby ons oordra. Hierdie gemors sal nie ophou voordat die soos in Zim. gaan nie. Wat kan mens anders as sterkte aan die familie seg.

Willy ·

Ek het glad nie woorde vir hierdie lafaards nie! Weer oumense wat aan die kloue van hierdie gemors gemartel en gesterf het. Ek wens hulle vrek! Sterkte vir die dogter wat baie lank gaan sukkel met ‘n sielkundige toestand. Ek wens die familie herstel toe.

Pieter Potgieter ·

Ja my volk daar is steme van mense wat voor die troon van God opgaan vir hulp. Here hoelank sal dit nog aanhou voor hierdie volk sal saamstaan en op die vyand toeslaan en met die banvloek tref. Maak ons een Here sodat ons U stem kan hoor waneer U die opdrag gee. Onskildige bloed word gestort op grond van my volk. Bid mense roep voor God vir hulp Hy sal hoor Amen.

Marie ·

Ek het hierdie twee mense geken. Dis ondenkbaar dat hulle so vermoor moes word! My innigste spimpatie met die familie en spesiaal met die dogter wat op hulle afgekom het. Ek is stil van skrik, skok en hartseer.

Miss Knysna ·

How incredibly sad for a daughter to find the bodies of her parents murdered by savages. My deepest sympathy to the daughter as well as the rest of the family. I have no words to describe how I am feeling right now. I know religion should not enter this conversation but I have to wonder why a loving God is allowing this to happen to innocent people.

Peter ·

Ek het nie woorde nie…Skokkend,sterkte aan die dame en familie.

leana ·

Daar is net nie einde aan hierdie barbare se moordlustigheid nie. Dit ruk elke keer aan mens se siel om hierdie dinge te lees!

Seg Net ·

Leana, Ek stem saam met jou. Dit is vir hulle soos verslawend soos iemand wat aan drugs verslaaf is, hulle kan nie ‘n dag daarsonder klaarkom nie.
Gaan dit goed?

leana ·

Baie goed, dankie Seg. Met jou? Al ander forums vir ons iewers opgespoor?

Elmarie Meyer ·

Sjoe die nuus is skokkend, veral as dit nog jou eie familie is. Oom Pikkie en Tannie Rina julle is nou op ‘n veilige plek.

Karien ·

Ek si die dogterbvan wie daar gepraat word kry asb julle feite reg voor julpe artikels publiseer

Karien ·

Ek is die dogter.. kry net asb die feite reg voor julle artikels publiseer.. ek is stukkend en rou vandag my liefste ouers is van my weg geneem deur barbare. Mense van die duiwel wat geen gevoel het nie

JAVR ·

More Karien, ek is so vreeslik jammer vir die pyn wat jou aangedoen is! Ek ry elke liewe dag by die huis verby en het altyd jou ouers se tuin bewonder omdat so skoon en welversorgd is en ek kan nie my skok oor die nuttelose moord beskryf nie! Dit is algemeen nou in Allen Grove wat met jou ouers gebeur het. My arme buurvrou is 2 weke gelede so wreed aangeval en beroof in haar huis! Een van die bliksems was wat sy altyd kos gee by die hek, en dis wat sy daarvan het! Hulle kan nie net roof nie want hulle wil die satisfaksie hê van wit bloed op hulle hande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.