Dogter swanger ná pa haar glo verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Maandag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy tienerdogter verkrag het.

Kapt. Jackson Manatha het Dinsdag gesê die man is in Butterworth in hegtenis geneem.  “Die beweerde verkragting het in Mei plaasgevind toe die 15-jarige meisie se ma by ʼn nagwaak in die dorp was,” het Manatha gesê.

“Die slagoffer het nooit vir haar ma of onderwysers van die verkragting vertel nie, totdat die ma onlangs ontdek het haar kind is swanger. Eers toe die ma haar konfronteer oor wie verantwoordelik was vir haar swangerskap, het sy beweer haar pa het haar verkrag.”

Die pa moet binnekort in die Butterworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.