Dogter voor 21ste verjaarsdag in kop geskiet vir selfoon

Nadine Prinsloo

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Nadine Prinsloo (20) van Centurion, Pretoria, wat Maandag in haar kop geskiet is vir ʼn selfoon nie.

Nadine, haar suster Simone (22), en ʼn vriend het Maandag naby ʼn afrit op die N14-snelweg stilgehou om telefonies aanwysings by hul pa te bekom toe twee gewapende mans op hulle afgestorm het, berig LookLocal Centurion.

“Die mans het verskriklik geskreeu en aangedring op die kinders se selfone. Voordat enigiemand iets kon doen het die mans op hulle geskiet,” het Karin, die dogters se ma, aan LookLocal gesê.

“Nadine wat op die passasiersitplek gesit het, is in haar kop en sy getref. Een van die koeëls het Simone op haar vinger getref. Hul vriend op die agterste sitplek is ongedeerd. Een van die mans het ‘n selfoon gegryp en weggehardloop,” het Karin gesê.

Simone het direk na die Unitas-hospitaal gejaag, maar Nadine was met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Nadine word oorleef deur haar ouers, Karin en Paul, en twee susters, Simone en Lelanie.

Die gesin sou komende naweek Nadine se 21ste verjaarsdag vier, maar moet nou reëlings tref vir haar begrafnis.

Sers. Ann Poortman, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die twee verdagtes het in die rigting van Olievenhoutbosch te voet gevlug. “ʼn Saak van moord en diefstal word nog ondersoek,” het Poortman gesê.

Bron: LookLocal Centurion

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Retha-Jane Buys ·

Wat ‘n verskriklike tragedie! Nêrens in ons “wonderlike” land, is mens meer veilig nie!!! Solank doodstraf weerhou word, sal dit so gaan.

Zita Nawn ·

Our hearts go out to Nadine’s parents, sisters, family and friends with their tragic and painful loss. May the Lord’s presence be felt to carry you through this darkest hour. Too much for the heart to bear. Yet another senseless murder in this crime-ridden country! RIP Nadine.

Johlene du Preez ·

My hart gaan uit aan die familie van hierdie dogter. Sterkte vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.