Dogtertjie (4) oorleef ses verdieping val

ʼn Vierjarige dogtertjie het Woensdag ses verdiepings uit ʼn woonstel in Bloemfontein geval en dit oorleef, het paramedici gesê.

André Visser, woordvoerder vir ER24, het gesê die dogtertjie van Navilsig het ʼn gebreekte arm, verskeie skrape en kneusplekke en moontlik rug- en nekbeserings opgedoen. “Sy is in die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem in ʼn kritieke, maar stabiele toestand.” Visser sê die dogtertjie was glo besig om in die woonstel te speel toe haar ouers ʼn ruit hoor breek het. “Die ouers het ondersoek ingestel en uitgevind dat die dogtertjie ses verdiepings ver grond toe geval het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.