Dogtertjie brand erg na rokkie vlam vat

Karien Benson. Foto: Facebook

Karien Benson. Foto: Facebook

Karien Benson, ʼn sewejarige meisie van Phalaborwa, sterk in die hospitaal aan nadat sy voor haar eerste skooldag vanjaar erge brandwonde opgedoen het.

Volgens die liefdadigheidsorganisasie, Hero Burn Foundation, wou Karien by haar huis haar skoolrokkie se soom regmaak deur ʼn stukkie garing met ʼn aansteker af te brand. “Ons almal het iemand dit al iewers sien doen,” het Annerie du Plooy, die stigter van die organisasie, gesê.

“Haar rok het skielik vlam gevat en sy het om hulp geroep. Haar ma, Natasha, het dadelik reageer en haar met ʼn duvet toegemaak en saam met haar in ʼn koue stort geklim.”

Sy is daarna na die Phalaborwa-hospitaal geneem vir behandeling. Die Benson-egpaar het egter nie ʼn mediese fonds nie en Karien is later na die provinsiale hospitaal in Polokwane (Pietersburg) geneem, waar sy tans aansterk.

Karien se pa, Piet, het Vrydag op Facebook geskryf dat Karien goed lyk. “Sy het opgestaan en badkamer toe gegaan en gaan nou bietjie pap eet,” het hy geskryf.

Hero Burn Foundation is ʼn organisasie wat hul daarop toespits om brandslagoffers en hul families by te staan. Vir meer inligting en bankbesonderhede om skenkings te maak, besoek hul webwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lizane ·

Hoop jy word gou gesond Karien. Bid vir jou. Sterkte vir haar ouers.

Heila Heydenrych ·

Ons bid dat jy sommer gou beter sal wees en dat jy vinnig kan teruggaan skool toe!! Sterkte met die herstelproses en ook vir mamma en pappa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.