Dogtertjie het glo voorbode oor haar en sussie se dood

Een van die twee dogtertjies wat gisteroggend in hul huis in Montana, in die noorde van Pretoria, doodgebrand het, het glo eergisteraand aan hul ma, Alicia du Toit (26), gesê “mamma, liewe Jesus gaan ons môre kom haal.”

Beeld berig Du Toit het gister net voor 08:00 histeries gegil terwyl haar twee dogtertjies, Chanté (2) en Marlene (3), in hul brandende huis vasgevang was en doodgebrand het. Die omstandighede van die brand is nog nie bekend nie. ʼn Traumaberader, Sharon Willemse, het aan Beeld gesê Du Toit het tydens berading vir haar van een van haar dogtertjies se voorbode vertel. Du Toit se man, Tiekie (29), was in KwaZulu-Natal ten tyde van die voorval. Volgens ʼn woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, Johan Pieterse, het die brand buitengewoon vinnig deur die huis versprei. Die kinders se lykies is in ʼn kas onder rommel gevind waar hul weggekruip het. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.