Dogtertjie kritiek na taxi oor haar ry

Foto: ER24

ʼn Agtjarige skoolmeisie is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy deur ʼn taxi gestamp en etlike meters ver gesleep is.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder ER24, het die voorval Woensdag in die Zandspruit informele nedersetting naby Honeydew, Gauteng, plaasgevind.

“Die kind het ernstige kopbeserings opgedoen en haar been is gebreek,” het Jackson gesê.

Volgens ooggetuies het die skoolmeisie oor die pad gestap toe die taxi haar getref het. Sy is met ʼn helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.