Dogtertjie se lyk gekry, ouers vas

Olivia van Voeght

Die ouers van driejarige Olivia van Voeght is vir verwaarlosing in hegtenis geneem nadat haar lykie gevind is.

Kol. Thembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het aan Eyewitness News gesê dat Olivia se ouers in hegtenis geneem is nadat hulle aanvanklik na haar dood ondervra is. Olivia het Dinsdag verdwyn nadat haar ma haar glo vir twee ure alleen by die huis gelos het. Kinana sê die ouers sal van verwaarlosing aangekla word. Albert Fritz, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, sê hy is hartseer en kwaad oor die feit dat Olivia se lykie gevind is. “Hartseer oor haar ontydige en onnodige dood en kwaad oor die feit dat daar nou moontlik kinderverwaarlosing betrokke is.” Olivia se lykie is in ʼn vlei naby haar huis gevind. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LILLY DE BEER ·

Ek weet nie hoekom kry mense kinders as hulle nie bereid is om die verantwoordelikheid van ouerskap kan toepas nie. Ek voel jammer vir die ouers, dis hulle kind, maar hulle moet maar met hulle gewete saamleef omdat dit hulle skuld is dat die kind dood is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.