Dogtertjie stuur stokkies terug

Evie, ‘n dogtertjie wat onlangs die Yosemite Nasionale Park in Kalifornië, Amerika, besoek het, het ‘n briefie met twee stokkies aan dié park gestuur omdat sy die stokkies per ongeluk saamgevat het huis toe.

Een van die natuurbewaarders maak op Reddit van die gebruikersnaam “Bestmattever” gebruik en het die briefie op dié sosialemedia-netwerk publiseer. “Ons het ‘n briefie vir haar opgestel en dit saam met ‘n junior natuurbewaarder-kenteken vir haar gestuur. Ons het in die briefie geskryf hoe trots ons op haar is, en dat ons haar briefie in die kantoor opgehang het sodat ons aan ander besoekers kan wys hoe wonderlik ons junior natuurbewaarders, soos Evie, is,” het Bestmattever geskryf. Op Evie se versoek dat hulle die stokkies weer in die natuur moet plaas, het hy gesê hulle sal ‘n paar plekke afneem, en dan vir haar die foto’s stuur om uit te vind waar sy wil hê hulle die stokkies moet terugsit.
Haar briefie lui:

Beste natuurbewaarders,

Ek is ‘n Yosemite junior natuurbewaarder. Ek het Yosemite onlangs besoek en per ongeluk dié twee stokkies saamgevat. Ek weet ek moet nie iets uit die park verwyder nie, so ek stuur hulle terug. Sal julle dit asseblief terugplaas in die natuur?

Dankie
Evie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berita Drescher ·

Is dit nou nie n wonderlike eerlike gebaar van n jong natuur bewonderaar nie? Mag sy eendag baie vir die natuur beteken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.