Dogtertjie verdrink ná sy met skopfietsie in swembad val

Annebel-madelein van wyk. Foto: Verskaf aan Rekord Moot

Annebel-madelein van wyk. Foto: Verskaf aan Rekord Moot

Annebel-Madelein van Wyk (1) is dood nadat sy Woensdagaand in ʼn swembad by haar ouerhuis in Capitalpark, Pretoria, verdink het, het Rekord Donderdag berig.

Volgens die berig is die familie platgeslaan. Zandri van Wyk, die dogtertjie se ma, was besig om vir haar agt weke oue baba kos te maak toe Annebel-Madelein verdwyn het. Sy het op haar skopfietsie gery en daarmee in die swembad beland. Haar ouers het haar ʼn paar minute later in die swembad ontdek.

Die egpaar het dadelik Best Care-paramedici ontbied. Sy is na die Eugene Marais-hospitaal gehaas waar sy na byna twee ure dood verklaar is.

Volgens Elsa van Onselen, die dogtertjie se ouma, het die swembad ʼn heining met ʼn hek om, maar vir een of ander onverklaarbare rede het die hek Woensdagaand oopgestaan.

Lees meer hier.

Bron: Rekord Moot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anton ·

Dit is baie hartseer en dat die swemarea veilig gemaak is is nog meer tragies. Water trek ‘n kind. Daar word aan die ouers gedink.

Henko ·

Of die swembad omhein is en alle voorsorgmaatreels getref was, is twee dinge, feit is, ouers het hul kindjie afgestaan aan die dood en dit is baie hartseer. Veral nou dat die tyd nader kom wanneer families met vakansie gaan, families saam kuier.

Baie sterkte aan die bedroefde ouers, grootouers en familie.

Ai Ai ·

Dit is baie tragiese nuus, my hart gaan uit na die ouers en familie, mag julle krag en vrede vind
in die swaar tye wat voorlê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.