Dokter glo oor haar ras geminag

ʼn Dokter beweer sy is op ʼn ongelukstoneel deur paramedici en omstanders geminag weens haar velkleur terwyl sy glo probeer het om ʼn pasiënt by te staan.

Die Saturday Star berig dat Phyllis Phukubye (27) onderweg was van die Helen Joseph-hospitaal na haar huis toe sy verby ʼn motorfietsongeluk op Douglasweg in Johannesburg gery het. Phukubye het op die toneel gestop en gesien ʼn persoon is ernstig beseer in die ongeluk. Sy het haarself glo aan die persoon en omstanders voorgestel. “Ek het my handskoene aangesit en die man probeer bystaan. Niemand wou blykbaar glo dat ek ʼn dokter is nie aangesien hulle die heeltyd simpel aanmerkings in die agtergrond gemaak het. Hulle het selfs vir my gesê wat om te doen en wat om nie te doen nie,” het Phukubye aan die koerant gesê. Phukubye sê ʼn wit vrou het aangeneem dat sy ʼn verpleegster was en het heeltyd aan haar gesê dat haar seun se vriend ʼn dokter is en dat hy op pad is na die ongelukstoneel. Volgens Phukubye het paramedici op die toneel opgedaag en aan haar gesê om pad te gee en haar glo selfs gestoot. Phukubye sê sy het uiteindelik die ongelukstoneel verlaat en aangeneem die pasiënt was in goeie hande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trudie ·

Dit is baie swak. Sekerlik kon almal sien sy weet wat sy doen. Ek wonder wat sou hulle gedoen het as die persoon gesterf het en sy hom dalk kon gered het.?

Berita Drescher ·

Dit is sulke dinge wat mens woedend maak…..geen wonder die rassehaat en klipgooiery heen en weer nie….maar ek dink tog n mediese dokter behoort een of ander identifikasie byderhand te he om sulke situasies te vermy. Dokters en paramedici wat van diens af kom behoort een of ander vorm van identifikasie-borsspeld aan te he …..as dit die geval hier was sou niemand haar professie betwyfel het nie.

Douwlina du Plessis ·

Ek is spierwit, en omdat ek ‘n vrou is, het ‘n man van ER24 my ook uit die pad gestoot waar ek besig was met resussitasie en laat weet: “Gee pad ek weet wat ek doen.” Hy weet, maar ek weet ook. Ek kon maar net lag. Ek gaan NIE in my vrye tyd met ‘n “dog tag” rondloop om jou gratis ‘n diens te doen nie. Ons het identifikasie, gewoonlik op die voorruit van ons motors en kaartjies met lidmaatskapkaartjies SAMA of Mediese raad s’n, maar wil jy regtig he ek moet dit uitpluk voor ek jou sterwende familielid help? Gewoonlik in my handsak, agter my bakkiesitplek weggesteek met huidige smash and grab statistieke. Dokters mis al aangerand en verkrag as hulle probeer help. Enige ras kan asseblief my my mense help, enige geslag , en as jy iets weet van noodhulp, help asseblief ook.

H J Bester ·

Dis jammer dat die dokter misken is aldus haar beweringe en wys maar net hoe sterk kleur oral as faktor nog teenwoordig is. Daar lê nog ‘n lang pad voor om versoening te laat slaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.