Dokter, pasiënte aangeval

ʼn Dokter en vyf pasiënte is Saterdagaand by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto met ʼn skêr gesteek.

TimesLive berig dat ʼn pasiënt ʼn skêr gesteel en hierna die dokter en ander pasiënte aangeval het. Die pasiënt is na die hospitaal se psigiatriese afdeling geneem vir evaluering. Volgens die uitvoerende hoof van die hospitaal, Johanna More, is geen van die pasiënte ernstig beseer nie maar is die dokter na ʼn ander hospitaal geneem vir behandeling. Sy wou egter geen besonderhede bekendmaak oor die omvang van hul beserings nie. Die DA se woordvoerder oor gesondheid, Jack Bloom, sê dit is “ongelooflik” dat so iets kan gebeur. “Ons spandeer meer as R20 miljoen per jaar op veiligheid by die hospitaal – wat doen hulle met die geld?” het hy gevra. Die hospitaal sê hy sal ʼn ondersoek van stapel stuur na die voorval. In 2007 is ʼn mediese student verkrag by die hospitaal.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.