Dokter pleeg selfmoord ná Survivor-deelnemer se dood

Dr. Thierry Costa (links) en Gerald Babin. Foto: www.telegraph.co.uk

ʼn Bekende dokter het selfmoord gepleeg nadat ʼn deelnemer van die gewilde werklikheidsprogram, Survivor, tydens verfilming skielik doodgegaan het.

Volgens TF1, Frankryk se grootste televisiekanaal, het dr. Thierry Costa op die eiland Kambodja, waar die Franse reeks vervaardig is, selfmoord gepleeg. Hy het in ʼn handgeskrewe selfmoordbrief aangevoer die media het sy professionele reputasie beskadig.

Gerald Babin (25), een van die deelnemers, het op 22 Maart tydens verfilming van die eerste uitdaging ineengestort en later in ʼn hospitaal aan ʼn hartaanval gesterf. Hulle het op die eiland Koh Rong, aan Kambodja se suidwestelike kus, verflim. ʼn Ondersoek na moontlike “onvrywillige manslag” is na sy dood van stapel gestuur, waarna die vervaardigers verfilming gekanselleer het. Lees meer hier.

Na die voorval het omstredenheid oor Babin se dood uitgebreek. Media in Frankryk het anonieme bronne aangehaal wat beweer het Costa was nalatig. Ander berigte het gesê die dokter het te lank geneem om Babin te behandel nadat hy ineengestort het.

In sy selfmoordbrief versoek Costa dat sy liggaam in Kambodja veras word sodat sy liggaam nooit na Frankryk hoef terug te keer nie. Costa se dood word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.