Dokter steel glo dwelms uit pasiënt se maag

Die polisie in Rusland het ʼn dokter in hegtenis geneem nadat hy glo heroïen uit ʼn pasiënt se maag gesteel het.

Die dokter is glo met vyf gram heroïen betrap nadat hy ʼn operasie op ʼn vermeende dwelmmuil uitgevoer het, het die polisie in Siberië Dinsdag gesê.

Ondersoekbeamptes het glo ná die operasie besef van die heroïen word vermis nadat die dokter die dwelmmiddels uit die pasiënt se maag moes verwyder. Toe hulle die dokter ondersoek, het hulle die heroïen in sy klere opgespoor. Die dokter was glo ook onder die invloed van dwelmmiddels.

Volgens die polisie kan die dokter tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis word.

Die verklaring het egter niks van die toestand van die vermeende dwelmmuil vermeld nie en het ook nie ʼn aanduiding gegee waarom enigiemand dwelms in ʼn verafgeleë gebied, sowat 4 000km buite Moskou, sou smokkel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.