Dokter van “One flew over the cuckoo’s nest” sterf

Dr. Brooks met van die instrumente wat tydens die verfilming gebruik is. Foto: The Oregonian

Die direkteur van die Oregon State Hospital waarin die epiese rolprent, One flew over the cuckoo’s nest verfilm is, dr. Dean Brooks, is in die ouderdom van 96 oorlede.

Brooks moes baie weerstand van sy hoofde en kollegas oorkom om die filmspan toe te laat om 16 weke lank in die hospitaal aan die verfilming te werk.

Brooks self het die rol vertolk van ‘n dokter wat aan geykte weë wou bly klou.

Die vervaardigers het gevoel dit was nodig dat van die akteurs werklike groepsessies met geestesversteurde pasiënte bywoon, en om ook praktyke soos skokterapie waar te neem om ‘n gevoel te kry van die agtergrond waarteen die rolprent hom afspeel.

Brooks het gevoel dit is belangrik dat die algemene publiek ook ‘n idee vorm van wat werklik in hierdie inrigtings gebeur.

Ná sy aftrede het Brooks aktief gebly, en onder meer ‘n groep gestig wat hulle daarvoor beywer het om sielsiekes wat in gewone tronke gestop is, na gepaste inrigtings te laat oorplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annatjie ·

Ek atmereer die dokter vir dit wat hy gedoen het in sy lewe hier op aarde. Dit is werklik belangrik dat die publiek moet weet hoe en wat dit alles behels vir ‘n persoon wat in so ‘n inrigting is. Baie dankie Dr. ek persoonlik waardeer dit wat u vermag het in jou aardse lewe. My innige simpatie met sy gesin, famielie en vriende u het ‘n besondere persoon verloor. God is met jul in die dae van rou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.