Dokter vas ná botsing

ʼn Mediese dokter is in hegtenis geneem na ʼn botsing in Cullinan, oos van Pretoria, wat die lewens van twee mense geëis het.

ʼn Polisiewoordvoerder, Johannes Jafta, sê die dokter het Saterdag met sy Mercedes-Benz teen ʼn bakkie gebots op die R513. Jafta sê die bakkie het omgeslaan en gerol. Twee mense is op die toneel dood. Ses ander mense is beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die dokter, in sy vroeë 40’s, is nie in die botsing beseer nie. Hy het vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur. Jafta sê die dokter is op die toneel in hegtenis geneem en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op onder meer aanklagte van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.