Dokter, vrou gesoek oor ‘kinderseksring’

‘n Durbanse dokter en sy vrou word deur die Valke gesoek nadat daar glo ‘n kinderseksring van hulle huis bedryf is.

The Mercury berig dat die Valke Sondag na die egpaar se woonstel in Umhlanga is, maar dat hulle nie tuis was nie. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Vincent Mdunge, sê die egpaar het glo na Mauritius gevlug. “Die hof het ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik. Ons vermoed dat hulle geld gekry en saam met die kriminele gewerk het wat die bordeel bedryf het.” Hy sê dokter het ʼn praktyk in Phoenix. “Ons glo die egpaar het geweet wat by die gebou gebeur het en dat hulle voortgegaan het om dit aan die kriminele uit te verhuur.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.