Dokters tevrede met Madiba se vordering

Nelson Mandela

Die presidensie het Woensdag laat weet oud-president Nelson Mandela maak goeie vordering in die hospitaal en sy dokters is tevrede met sy toestand.

Volgens Mac Maharaj, die presidensie se woordvoerder, toon Madiba (94) goeie vordering op sy behandeling. “Hy is baie beter as wat hy ʼn week gelede was toe hy op 27 Maart in die hospitaal vir longontsteking opgeneem is,” het Maharaj gesê.

Maharaj sê Mandela ontvang besoek van familie. Dit is nog nie in die stadium bekend wanneer hy uit die hospitaal ontslaan gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.