Doktorsgraad aan Noord-Koreaanse diktator

Kim Jong-un

Kim Jong-un

Die HELP-universiteit van Maleisië het pas ‘n doktorsgraad in die ekonomie aan Kim Jong-un, diktator van Noord-Korea toegeken.

Die feit dat dit juis in ekonomie is wat Kim vereer is, laat die oë rek, aangesien Noord-Korea se ekonomie noustrop trek en hongersnood gereeld voorkom. As motivering vir die toekenning sê die universiteit dit is weens Kim se “onvermoeide ywer vir die onderwys en welsyn van sy mense.”

Nog ‘n Maleisiese universiteit, Limkokwing, het onlangs die oë laat rek toe ‘n eredoktorsgraad in medemenslikheid aan pres. Jacob Zuma toegeken is. Volgens die universiteit is die eredoktorsgraad toegeken weens die “passie, verbintenis en toewyding” waarmee Zuma aan Suid-Afrika bou. Volgens die Suid-Afrikaanse regeringsbronne is die eredoktorsgraad egter vir leierskap toegeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.