Dokumentêr glo nie verantwoordelik vir haai-aanval

Die merk van haaie in die Valsbaai-gebied vir ʼn dokumentêr kan nie met die aanval op ʼn lyfplankryer verbind word nie, het die stad Kaapstad Vrydag gesê.

“Die gebrek aan ʼn satellietsein is duidelik dat die haai wat vir dié voorval verantwoordelik was, nie een van die haaie is wat deur die Ocearch Programme gemerk is nie,” het Gregg Oelofse van die omgewingsbeleid en -strategie gesê. “Twee van die haaie wat in Valsbaai gemerk is, het kort voor die aanval ʼn sein uit die Macassar/Strandfontein-gebied (sowat 20 km verder) gestuur.” Oelofse sê daar is dus geen bewys dat die merk van vier witdoodshaaie enige rol gespeel het in die aanval nie. Die stad het ook Chris Fischer, vervaardiger van die dokumentêr, se gebruik van lokaas verdedig en gesê dat die hoeveelheid onbeduidend was. “Die Ocearch Programme was Sondag en Maandag in die Valsbaai-gebied doenig. Enige oorblywende lokaas van hul aktiwiteit sou binne ure opgeklaar het, en weens die windrigting sou dit in ʼn teenoorgestelde rigting as Kogelbaai versprei het.”

David Lilienfeld (20), Suid-Afrikaanse lyfplankryer, was Donderdagmiddag saam met sy broer in Kogelbaai voor die witdoodshaai hom aangeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.