Dominee net voor preek doodgeskiet

Argieffoto

Die moord op ‘n dominee van ‘n kerk in KwaZulu-Natal is Dinsdag veroordeel.

Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê hy is “geskok en ontsteld” oor die voorval. Ds. Agrippa Cibane van die African Gospel Church in eLovu (Illovo), suid van Durban, is Sondag net voor sy preek doodgeskiet. Die diens sou in die C-deel van eLovu plaasgevind het. “Ek is vol vertroue dat die polisie die oortreders sal aankeer,” het Mchunu gesê.

Die polisie was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.