Dominee op soek na drie kaal ruiters

Van Niekerk se vrou, die kunstenaar Selma Albasini,se voorstelling van ds. Bertus by die etiket van een van sy wyne. Foto: Rapport

Ds. Bertus van Niekerk, voorheen leraar van die Hervormde gemeente Carletonville, is op soek na drie vroue om kaalbas op sy partytjie te kom perdry.

Van Niekerk, wat deesdae predikant by die Kaapse gemeente van die onafhanklike kerk Renaissance is, het gesê hulle moet “mooi wees, verkieslik jonk, hoewel elke geval op meriete beoordeel sal word,” berig Rapport. Van Niekerk is onder meer ‘n wynmaker en sy jongste reeks wyne met die naam “Revelation” se etikette is uitbeeldings van die ruiters van die boek Openbaring in die Bybel.

In Maart vanjaar het Van Niekerk gaste by die Helderberg geskok toe hy, met die bekendstelling van die eerste van dié vier wyne, gereël het dat ‘n meisie nakend op die rug van ‘n perd by die geleentheid opdaag. Die meisie moes glo een van die vier ruiters van die apokalips simboliseer.

Van Niekerk wil nou die ander drie wyne op Carletonville bekendstel en benodig nou drie vroue om kaalbas te perd dié geleentheid by te woon. “Die geleentheid gaan nie smerig wees nie,” sê Van Niekerk. “Die wyne is op elite-verbruikers gerig (dis duur en hy maak net 120 bottels van elk), so die geleentheid gaan deur sakeleiers en ander hooggeplaastes bygewoon word.”

Een gas het ná die wynbekendstelling in Kaapstad teenoor Rapport opgemerk dit was “die vreemdste wynbekendstelling waarop ek nog was. Poedelkaal kom die meisie daar aan en bestyg die perd, min gepla. Ek dog ek yl.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ingrid ·

In die laaste dae sal daar vals profete wees en sal die afvalligheid in die kerk net erger word. My mond het van verbasing oopgehang toe ek hierdie artikel lees en ‘n diepe hartseer stoot in my op. DIe kerk is verlore! Kan ‘n mens, iemand wat Christus ken en veronderstel is om ander op die pad te lei, so verskriklik die pad self byster geraak het? Mag God hom genadig wees en mag hy vinnig besef dat hy ‘n meulsteen om sy eie nek plaas met sy optrede…

Brenda ·

En dan wonder die mense nog hoekom dit gaan in ons land soos dit gaan? Die Bybel se tereg dat in die laaste dae sal dit wat VERKEER is REG wees, en wat REG is sal VERKEERD wees. En vir jou Ds van Niekerk, jy is een van die leiers, wat ‘n verleier geword het!!! Sies, man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.