Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

Dominee Willem Brits. Foto: Facebook

Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval. Lees die nuutste storie hier.

Dominee Willem Brits van die NG Kerkenberg in Harrismith in die Oos-Vrystaat is vanoggend dood nadat hy en sy gesin gisteraand by hul huis deur rowers aangeval is.

Sersant Mmako Mophiring, ʼn woordvoerder van die Harrismith-polisie, het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê inligting is nog skaars, maar dat dominee Brits, sy vrou Dorothea en hul dogter Thea se verloofde in die sitkamer televisie gekyk het toe hulle deur drie rowers oorval is. Dit is nog nie bekend waarmee die gesin aangeval is nie maar hulle is kritiek gewond. Thea se 24-jarige verloofde, wie se naam nog nie bekend gemaak mag word nie, is op die toneel dood. Thea was glo buite die huis toe die voorval plaasgevind het en het die polisie ontbied. Mophiring sê daar was ook nog ʼn man, glo in sy vroeë 20’s, in die huis en dat hy in badkamer weggekruip het tydens die aanval. Sy verwantskap aan die gesin is egter nog nie bekend nie. Ds. Brits en Dorothea is na die Hoogland Mediclinic in Bethlehem gehaas. Ds. Brits het vanoggend aan sy beserings beswyk. Dorothea is intussen oorgeplaas na ʼn hospitaal in Bloemfontein. Haar toestand is nog onbekend.

Volgens Mophiring het die polisie reeds ʼn verdagte in hegtenis geneem. “ʼn Man van Kwaggafontein in Mpumalanga is op die N3-deurpad vasgetrek. Daar was bloed op sy klere en vyf selfone is in sy besit gevind, waarvan een van die fone aan ds. Brits behoort het. Dorothea se vuurwapen is ook in sy besit gevind. Die verdagte word nog ondervra. Die polisie soek steeds na die ander twee verdagtes.” Die polisie ondersoek sake van moord, huisroof en poging tot moord. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Douglas ·

This is rediculous, South africa should bring back the death penalty! criminals just arent scared to commit crimes anymore!!

Huge loss to the Harrismith community! :(

Louise van Niekerk Oud Harrismither ·

Dit is skokkende nuus, hulle is baie bekende en geliefde inwoners al vir baie jare in Harrismith en dit maak geen sin nie. Is van die edelste mense wat ek ken en verdien dit gladnie. Ek dink aan die hele Harrismith inwoners en bid vir julle vir krag, verstaan sal mens nooit nie. Is self baie bekend aan my en is self baie hartseer. Dink aan julle almal. Louise van Niekerk 9(Oud Hariismither)

Tillaliebenberg ·

Dit is so skrikwekkend mens is net nersens meer veilig nie ,my hart gaan uit na almal in Harismith en ek stem saam die doodstraf moet beslis terug gebring word so kan dit net nie aangaan nie

Jan Serfontein ·

Dit is baie hartseer en elke dag wonder n mens wie en waar is die volgende blanke. Dit is n ondraaglike situasie, en persoonlik voel ek baie keer moedeloos, maar God tel n mens elke keer op en dan gaan ons weer aan in die wete dat Hy nog steeds ons enigste Redder is. Ons diepste meegevoel met die Familie en hulle vriende en kennise.

Johan & Rina Smit & Phillip ons seun ·

Dit was onstellende nuus vanoggend, ons was ook oud inwoners van Harrismith in die 1985. Ons innige meegevoel gaan uit na hulle famile en mede leraar en gemeente. Mag die HERE julle deur hierdie moeilike tyd bewaar en bystaan. Dit is net on aanvaarbaar dat mense wat die woord uitdrae aan ons mense, so wreed weggeneem word uit die samelewing. Baie liefde en sterkte.

Amelia ·

As usual they will be let out on bail soon, to continue the killing spree.

Naomi Schulze ·

Ek stem saam met Douglas – die enigste oplossing is om die doodstraf terug te bring. As dit in Arabiese lande gebeur het, was die moordenaars behoorlik gestraf. Hierdie “mense” het geen gewete en geen empatie nie

Edith ·

Where are our country’s leaders? Surely they are aware of what is happenening or are they too busy spending the tax payers money. Bring back the death penalty immediately and the slaughtering will surely stop.
Our condolences to the families.

gerda reid ·

oud harrie. Baie slegte nuus ds brits was n pragtige mens. Jammer doodstraf bestaan nie meer nie

Trudé Nell ·

Watter tipe Waardestelsel onderskryf Moord vir die Waarde van ‘n Selfoon?
Is dit moontlik om sodanige Waardestelsel te verander?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.